Sep
01
2009
0

Earth laughs in flowers

Ek is telkens verstom oor wat ek raakloop op die internet. Caroline Voget is die redakteur van Veld & Flora, die tydskrif van die Botaniese Vereniging van SA. Besoek haar blog hier:

Earth laughs in flowers

Jy mag dit nie mis nie!

Written by Pieter in: in die veld, leesstof |
Aug
31
2009
0

KZN Inheemse Plant-fees 5-6 September en tuinmaak handboek!

Eerskomende naweek van 5 tot 6 September is dit weer tyd vir die jaarlikse inheemse plant-fees wat aangebied word deur die Natal-tak van die Botaniese Vereniging van SA. Meer inligting is beskikbaar hier:

http://www.indigenousplantfair.org.za

Die meegaande handboek wat spesiaal vir die fees geskryf word, lyk belowend!

Written by Pieter in: algemeen |
Apr
01
2009
1

Sadawatara kwekery in die Langkloof

http://www.sadawatara.co.za/. Sadawatara is ‘n San-woord wat “Garden on the hill” beteken. Die kwekery spesialiseer in inheemse bolplante (hulle is ‘n groothandelaar) maar hou ook ‘n verskeidenheid ander plante aan.

Written by Pieter in: internet, kwekerye inheems |
Feb
27
2009
0

Voedingswaarde van eetbare plante (1986)

Per ongeluk loop ek hierdie 1986 werkstuk deur AS Wehmeyer raak met voedingswaarde data van meer as 300 eetbare plante in Suid-Afrika!

http://researchspace.csir.co.za/dspace/bitstream/10204/2337/1/Vehmeyer_1986.pdf

Ek was nog nooit seker of die Bloubos (Diospyros lycioides) eetbaar is nie - ek sien hulle gee ‘n energie-waarde aan van 296 kJ/100 g.

Written by Pieter in: gebruike |
Dec
23
2008
0

Drie nuwelinge op ons erf

Ons het so ‘n paar nuwe plante bygekry: Noltea africana, Bauhinia tomentosa en Leucadendron galpinii.

Written by Pieter in: nuwe tuin |
Dec
22
2008
0

Webwerf opgradering

Die webwerf word tans opgegradeer, en sal hopenlik binne die volgende 2 dae weer terug op sy voete wees.

Written by Pieter in: algemeen |
Aug
04
2008
0

Conspectus of southern African pteridophyta

Hierdie 2001 publikasie deur JP Roux is aanlyn beskikbaar by http://posa.sanbi.org/flora/browse.php?src=FernSA.

The present checklist, based on an impressive amount of literature, is a fundamental guide for all botany students from the SABONET region, as well as for the botanically interested traveller.

Written by South Africa’s leading pteridologist, Koos Roux, who visited several regions in the subcontinent, this publication continues the work of his famous predecessors, Sim and Schelpe. This list of modern and current names of ferns in the SABONET region, with keys and illustrations, is the first major contribution bringing together contemporary knowledge about pteridophytes in an accessible way.

The book is rightly called a ‘Conspectus’, as much more fundamental work needs to be done before a definite flora of the region can be written. If it contributes to a greater interest in these beautiful and intriguing plants, I consider it a great success.

Written by Pieter in: leesstof |
Aug
04
2008
0

Fern Society of Southern Africa

Varingvereeniging van Suider-Afrika

Die Varingvereniging van Suider-Afrika (Fern Society of Southern Africa) het ‘n nuwe web blad, reeds vir meer as ‘n halwe jaar! Ek is nie seker hoe ek dit gemis het nie! Maar geniet dit, plaas ‘n boekmerk en besoek dit gereeld, en nog beter: sluit aan!

Besoek dit hier!

Written by Pieter in: betrokke |
Jul
21
2008
0

Kaapstad natuurreservate plakaat

ctnr.jpg

Ek het op hierdie plakaat afgekom wat al die natuurreservate in en om Kaapstad baie mooi uitbeeld. Dit lyk darem lekker!

Written by Pieter in: bewaringsarea, botaniese tuine |
Feb
09
2008
0

Plante-families in ons tuin

Ek het ‘n analise gedoen van watter inheemse plante-families in ons tuin verteenwoordig is. Behalwe dat dit interessant was om te sien dat Rubiaceae die meeste verteenwoordig is (Gardenia x2, Rothmannia en Burchellia spesies), was daar vir my ‘n paar verrassings (of dinge wat ek al vergeet het), onder andere dat:

Freylinia en Halleria is familie (albei in die familie Scrophulariaceae)
Diospyros is in die familie Ebenaceae
Aloe en Kniphofia val onder die familie Asphodelaceae

Aantal verskillende spesies per plant-familie in ons tuin
Families

Grafiek is geskep met behulp van die gratis OpenOffice 2.0.

Written by Pieter in: nuwe tuin, taksonomie |

Powered by WordPress | Aeros Theme | TheBuckmaker.com