Jul
21
2008
0

Kaapstad natuurreservate plakaat

ctnr.jpg

Ek het op hierdie plakaat afgekom wat al die natuurreservate in en om Kaapstad baie mooi uitbeeld. Dit lyk darem lekker!

Written by Pieter in: bewaringsarea, botaniese tuine |
Aug
27
2007
0

Ons begin tuinmaak… uiteindelik!

1 September is ons eerste lentedag in Johannesburg, en ons is ernstig besig om plante uit te haal, te beplan en sistematies aan te koop. Ons begin rondom die swembad area, afmetings van die beddings ongeveer 2.75m (diep/breed) x 11.5m (wyd) en 1.3m (diep/breed) x 6m (wyd). Dit is alles met minder as 1 m tussen die beddings en die swembad….

Natuurlik is daar te min plek en te veel opsies, en die keuse is dus haas ondenkbaar moeilik. En die minimum en maksimum hoogte en wydte is nogal krities in so klein area. Ons grawe dus in die boeke, vra vir raad, soek op die internet. Byvoorbeeld, ons het ‘n Rothmannia capensis (Wild Gardenia) gekoop, maar ons is half besluitloos oor presies waar dit behoort te kom. Daar is ‘n redelike verskil tussen Creative Gardening se 7 m en een van die kwekerye se maksimum van 4 m in Johannesburg.

Die ander nuweling is Halleria lucida (Notsung). Ek is net nie seker of dit geel of oranje blomme gaan dra nie.

Ons probeer ook nog die lys van plante finaliseer. En daarmee help lyste soos hierdie nogal - ‘n lys van 59 bome en groot struike wat natuurlik voorkom in die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin.

Trees naturally occurring in the Walter Sisulu NBG
http://www.sanbi.org/sisulu/nattrees.htm

Vanuit hierdie lys is die volgende hoog op ons prioriteitslys, hetsy in die grond of in ‘n pot:

611 Diospyros whyteana Bladder Nut
670 Halleria lucida Tree Fuchsia
420 Cassinopsis ilicifolia Lemon Thorn
226 Mundulea sericea Cork Bush
716.1 Pavetta gardeniifolia var. subtomentosa Hairy Common Bridal Bush (of soortgelyk)
693 Rothmannia capensis Cape Gardenia

en ander moontlikhede:

39 Celtis africana White Stinkwood
536 Combretum erythrophyllum River Bush-willow
605.2 Diospyros lycioides subsp. guerkei Bushveld Bluebush
511 Dovyalis zeyheri Wild Apricot
657 Ehretia rigida Puzzle Bush
581 Englerophytum magaliesmontanum Stamvrug
568.1 Heteromorpha arborescens var. abyssinica Parsley Tree
403 Maytenus undata Koko Tree
139 Pittosporum viridiflorum Cheesewood
452 Rhamnus prinoides Dog Wood
702 Vangueria infausta Wild Medlar

Written by Pieter in: botaniese tuine, lyste, nuwe tuin |
Apr
17
2006
0

gepraat van cymosa - Bowkeria cymosa!

Vandag was ons by die Walter Sisulu botaniese tuin in Johannesburg. Behalwe dat dit ‘n besonders prettige dag vir die kinders was (vakansiedag, optredes, springkastele, ens.), het ek nog ‘n merkwaardige plant raakgeloop, nogal in blom - Bowkeria cymosa. Eers in die tuin, en toe ook by die Random Harvest kwekery wat aan die tuin grens (mens verlaat die tuin deur die kwekery, baie slim :-) !) Ek dink baie ernstig daaraan om ‘n plekkie erens te maak vir hierdie merkwaardige plant, maar ek dink ek sal moet loer na die Bowkeria verticallata (Suidelike Skulpbos) aangesien dit meer gehard blyk te wees.

Written by Pieter in: botaniese tuine |
Nov
24
2005
0

vir veld & flora (tydskrif van die Botaniese Vereeniging van SA)

Daar is deesdae baie Afrikaanse (en ander) tydskrifte op die mark wat fokus op tuinmaak en die natuur, bv. Tuin Paleis, SA Gardening, SA Garden & Home. Baie lekker om te lees! Die afgelope paar dae het ek egter weer ‘n paar Veld & Flora tydskrifte onder in die kas ontdek. Wat ‘n fees! Die enigste probleem? Ons het nie veel nie, seker omtrent ‘n dosyn versamel gedurende die periode 1996-1999 (dit is ‘n kwartaallikse publikasie).

En om dit erger te maak, het die Botaniese Vereeniging van Suid-Afrika, wat hierdie tydskrif publiseer, op hulle webtuiste net mooi ‘n 5-jaar indeks van alle Veld & Flora artikels wat ek vanaf 1999 tot 2003 gemis het! :-( En dan ook nog die inhoudsopgawes van die tydskrifte sedert 2004

Ek gaan dus verseker probeer uitvind of daar nog vorige uitgawes beskikbaar is. Maar, intussen gaan ek sorg dat ek weer aansluit by die Botaniese Vereeniging van Suid-Afrika. Vir die R320 per jaar vir familie lidmaatskap (2 volwasse kaarte en 2 kinders), kry mens darem die volgende: gratis toegang tot alle Nasionale Botaniese Tuine, 10% afslag op aankope by die vereeniging se winkels, toegang tot vereeniging aktiwiteite, en: die kwartaallikse Veld & Flora, en ‘n gereelde saadlys waaruit mens inheemse saad kan bestel!

Hoekom so opgewonde? Terwyl ek weer deurblaai deur die Veld & Flora’s in die kas, sien ek artikels soos:

En ek lees so lekker. So lekker ek moet eintlik amper skelm lees waar ek ‘n tydjie kry. Net net aan die artikels nie, maar ook die lesers se briewe. En ek geniet die aandag aan wetenskaplike detail en korrektheid (dit was vir my jammer toe ‘n ander populêre tuin tydskrif ‘n relatief algemene fout laat deursluip het - om Asparagus spp. (Asparagus Varing) of Protasparagus in dieselfde asem as werklike varings te noem terwyl Asparagus en Protasparagus nie eers varing-verwante is nie.)

Nou ja, hier gaan my inskrywing… hoop dit is betyds dat ek nog die Desember 2005 uitgawe sal ontvang!

*Nota: ek is op geen manier betrokke by die Botaniese Vereeniging van SA nie, behalwe potensieel as lid - ek kry dus niks in ruil vir hierdie inskrywing wat amper soos ‘n advertensie mag lyk nie!

Written by Pieter in: betrokke, botaniese tuine, leesstof, ou tuin, taksonomie |
Nov
16
2005
0

misgeloop!…KZN jaarlikse inheemse uitverkoping

Ek is besig om te soek na ‘n web blad erens op die internet (dis nou veel erger as om ‘n naald in ‘n hooimied te soek) waar (ek dink dit was) die munisipaliteit van Durban ‘n hele gedeelte gehad het oor inheemse plante wat gebruik word in die area. En terwyl ek soek, kom ek af op inligting oor die jaarlikse inheemse plante uitverkoping van 3-4 September naby die botaniese tuine in Kwazulu-Natal (gereël deur die Botaniese Vereeniging van Suid-Afrika). Meer as 500 spesies… ‘n Groot gedeelte van hierdie plante sou egter seker nie werklik geskik wees vir die koue Vanderbijlpark nie. Maar, hierdie is nou op my agenda, en wie weet, dalk volgende jaar!

Daar is ook ‘n plantelys. Volgende jaar moet ek net vir my ‘n Luiperd Orgidee gaan kry…

Written by Pieter in: betrokke, botaniese tuine |

Powered by WordPress | Aeros Theme | TheBuckmaker.com