Earth laughs in flowers
Ek is telkens verstom oor wat ek raakloop op die internet. Caroline Voget is die redakteur van Veld & Flora, die tydskrif van die Botaniese Vereniging van SA. Besoek haar blog hier:
Jy mag dit nie mis nie!
Ek is telkens verstom oor wat ek raakloop op die internet. Caroline Voget is die redakteur van Veld & Flora, die tydskrif van die Botaniese Vereniging van SA. Besoek haar blog hier:
Jy mag dit nie mis nie!
Hierdie 2001 publikasie deur JP Roux is aanlyn beskikbaar by http://posa.sanbi.org/flora/browse.php?src=FernSA.
The present checklist, based on an impressive amount of literature, is a fundamental guide for all botany students from the SABONET region, as well as for the botanically interested traveller.
Written by South Africa’s leading pteridologist, Koos Roux, who visited several regions in the subcontinent, this publication continues the work of his famous predecessors, Sim and Schelpe. This list of modern and current names of ferns in the SABONET region, with keys and illustrations, is the first major contribution bringing together contemporary knowledge about pteridophytes in an accessible way.
The book is rightly called a ‘Conspectus’, as much more fundamental work needs to be done before a definite flora of the region can be written. If it contributes to a greater interest in these beautiful and intriguing plants, I consider it a great success.
Dis nou oulik! Diane Schmidt is die Biologie bibliotekaresse asook Associate Professor of Library Administration by die University of Illinois at Urbana-Champaign. Vir meer as ‘n dekade is sy al besig om ‘n databasis te bou van veldgidse wereldwyd. Daar is meer as 5 400 titels reeds in die databasis. Die onderwerpe wat sy dek sluit in: plante, diere, astronomie en weer, rotse en fossiele, en ander.
Indien jy dalk ‘n veldgids het wat nie in die databasis ingesluit is nie, kan jy haar daarvan laat weet (kontak besonderhede op haar webwerf).
Janno het ‘n paar vrae gevra oor bedreigde spesies (sien hier vir sy vrae en my antwoord poging).
So in die antwoord sien ek dat die Desember 2007 weergawe van die CREW (Custodians of Rare and Endangered Wildflowers) nou aanlyn hier beskikbaar is.
Ek beveel dit werklik aan! ‘n Volle 32 bladsye in volkleur! Dit lees soos ‘n speurverhaal en gee ‘n aanduiding van die ongelooflike werk wat mense - meestal vrywillig - insit om ons ryk plante-erfenis te bewaar. Ek het dit veral geniet om die stukkie te lees oor die Hogsback groep (bladsy 5) se ongelooflike inisiatiewe - ‘n gebied waarvoor ek baie lief is. Ons het juis vriende in daardie omgewing, en ek dink dit is hoog tyd dat ons daar ‘n draai maak!
Daar is ook in die nuusbrief inligting oor ‘n pragtige verjaarsdag kalender met fotos van skaars en unieke plante van die Harmony Flats natuurreservaat. Dit kos R70 en is beskikbaar by Kirstenbosch of SANBI in Pretoria. Kontak Wendy Paisley (021) 7998751 of e-pos: paisley@botanicalsociety.org.za.
Ten laaste, volgens die nuusbrief, is daar tans 2087 bedreigde plant spesies in SA, en 1354 spesies waarvoor daar nie genoegsame inligting bestaan nie! Dit is een van die groot bydraes van die CREW groepe - om inligting te versamel.
Ek is net nie seker hoe sluit mens aan om ‘n lid te word nie?
Dit bly steeds vir my ongelooflik! Op Sabonet se web tuiste kan mens boeke (verslae) gratis in PDF formaat aflaai. Die nuutste een wat ek raakgeloop het sal my vriende by die Varing vereeniging van SA baie interessant vind: Swaziland ferns and fern allies, deur JP Roux, 2003, 242 bladsye, ISBN 1-919795-97-9.
Ek haal aan: “A detailed account of the pteridophyte flora of Swaziland, based on a survey conducted by the author. The book describes more than 100 species, and also includes a comprehensive background chapter on the geology and vegetation types of Swaziland. Families and genera are arranged phylogenetically, while species are arranged alphabetically within genera. Includes keys. Detailed line drawings and distribution maps. The index includes species and family names.”
Ek dink ek het erens nie mooi opgelet nie. Is hierdie nuut? Kan mens werklik volteks kleur PDF boeke/verslae aflaai vanaf die SABONET webtuiste? Dit wil so voorkom. Een van die nuuste byvoegings is:
Growing rare plants: a practical handbook on propagating the threatened plants of southern Africa. SABONET Report No. 36 - G. Nichols, 2005 - A4, soft cover, full colour throughout, 175 pp.
ISBN 1-919976-17-5
Kyk hier vir ander verslae wat ook beskikbaar is of gaan word:
http://www.sabonet.org.za/publications/publications_reports_shortlist.htm
Een waarna ek nogal uitsien is die volgende: Checklist of the flowering plants of Sub-Saharan Africa - An index of accepted names and synonyms. SABONET Report No. 42. R.R. Klopper, C. Chatelain, V. Banninger, C. Habashi, H.M. Steyn, C. de Wet, T.H. Arnold, L. Gautier, G.F. Smith & R. Spichiger. In press, expected publication date March 2006. 900 pp. ISBN 1-919976-27-2.
Die agtergrond van hierdie projek is interessant:
The African Plant Checklist and Database Project (APCD) provides botanists with the first-ever angiosperm checklist and database for Sub-Saharan Africa. This was achieved by merging two existing datasets for Southern and Tropical Africa. The APCD, for the first time, gives accurate statistics for the angiosperm flora of Sub-Saharan Africa. There are 50,136 current taxa in the database, with an additional 393 taxa where there are discrepancies in genus concept between the two original datasets. Taxa are arranged into 274 families and 3,802 current genera. In the checklist each current name and synonym is preceded by a Flora code, indicating the source of the name, i.e. either the Southern or Tropical African dataset, or both. An asterisk attached to the code indicates a naturalised taxon. In this way taxa that are indigenous in, for instance, Tropical Africa, but naturalised in Southern Africa, can be identified. By pointing out problems and discrepancies in taxonomic opinion between the two original datasets, the APCD highlights taxa where further research is necessary.
Dan is daar ook die aanverwante publikasie net vir SA. ‘n Volle 1,200 bladsye!
Checklist of South African plants. SABONET Report No. 41. G. Germishuizen, N.L. Meyer, Y. Steenkamp & M. Keith (eds). In press, expected publication date March 2006. A4, hard cover, 1,200 pp. ISBN 1-919976-25-6.
[ Ek gebruik www.watchthatpage.com om my te laat weet indien die web bladsy vir elke publikasie hier genoem opgedateer word ]
William Curtis (1746-1799) was die outeur van hierdie reeks uitgawes oor plante. Dit is tans gratis beskikbaar in elektroniese formaat op gutenburg.org. Daar is op die oomblik 4 volumes beskikbaar: Volume 1, Volume 2, Volume 3 en Volume 4. Ek het nogal die titelblad (as mens dit so kan noem) geniet:
THE Botanical Magazine; OR, Flower-Garden Displayed:
IN WHICH The most Ornamental Foreign Plants, cultivated in the Open Ground, the Green-House, and the Stove, are accurately represented in their natural Colours.
TO WHICH ARE ADDED, Their Names, Class, Order, Generic and Specific Characters, according to the celebrated Linnæus; their Places of Growth, and Times of Flowering:
TOGETHER WITH THE MOST APPROVED METHODS OF CULTURE.
A WORK Intended for the Use of such Ladies, Gentlemen, and Gardeners, as wish to become scientifically acquainted with the Plants they cultivate.
By WILLIAM CURTIS,
Author of the Flora Londinensis.
Uiteindelik het die Veld & Flora tydskrif in ons posbus verskyn! Dit was darem ‘n lang wag aangesien ek net te laat ingeteken het om die Desember uitgawe per pos te ontvang (ek kon darem meeste van die inhoud lees deur my biblioteektoegang deur Stellenbosch Universiteit).
Uit ‘n ontwerp oogpunt moet ek sê dat ek nogal baie hou van die nuwe ontwerp in vergelyking met die uitgawe wat ek laas in 1999 ontvang het. Ek sal so oor die volgende dag of twee na van die spesifieke artikels in die nuutste uitgawe verwys. Al wat ek weer eens kan sê is: as jy belangstel in inheems, maak seker jy kry hierdie tydskrif!
Nog steeds rondom die onderwerpe van rehabilitasie en bome vir beeste en wilde diere. Hier is ‘n baie goeie internasionale bron van inligting op die internet met inligting oor onder andere SA se inheemse plante!

Hulle missie en ‘n beskrywing van dienste is ook beskikbaar op die webwerf. As ek kan probeer opsom, poog hulle om soveel moontlik inligting te versamel en beskikbaar te stel oor natuurlike hulpbronne (plante, diere, water-areas, berge, ens.). Daar is byvoorbeeld oor die 9 000 voëls en meer as 87 000 plante gelys van oor die hele wêreld.
As ‘n voorbeeld, gee hulle inligting vanuit verskeie bronne oor Combretum zeyheri (Raasblaar) in byvoorbeeld die volgende kategorieë:
Beskrywing, morfologie (wortels, blare, blomme, vrugte, sade), habitat, omgewing (hoogte-ligging, temperatuur, grond), verspreiding, bestuiwing, dienste, huishoudelike gebruike, oorsprong van die naam, medisinale gebruike, identifikasie en bronnelys.
Met betrekking tot Hein en Alinda se vrae, haal ek die volgende aan uit die webwerf wat ‘n aanduiding gee van hoe dit dalk van toepassing/nut sou kon wees:
Services
Although these trees are not very palatable, leaves are eaten by giraffe (Giraffa camelopardalis) and elephant (Loxodonta africana) (see table for the nutritional value of the leaves). The ripe seeds are eaten by baboon (Papio cynocephalus) (Jacana, 1997). Hornbills (Tockus spp.) also eat the seeds out of fallen fruits. The sweetly scented flowers attract various insects. (Pooley, 1994)This tree is said to indicate sour bushveld conditions carrying poor grasses which are unpalatable to stock and game (Coates Palgrave, 1977).
Met die vergunning van EcoPort (http://www.ecoport.org)
: Rihana Botha
Hoop dit help! Volgens die webwerf is hulle by “Revision: 1.5.17.2.1 Release Date: 2006/02/09 09:02:50 (GMT) PID: 29364″ - dit word dus aktief bygehou. Verder is daar ook foto-argiewe, projek-inligting, artikels, taksonomie-sleutels, ens., ens. Daar is al meer as 1 600 persone wat geregistreer het op die webwerf (ek is nie seker wat mens bykry as jy registreer nie - dit lyk of die meeste inligting gratis is).
Kortom, as jy enige belangstelling in inheemse plante het (of amper enige iets anders in die natuur), is hierdie ‘n plekkie wat jou laaaaank kan besig hou! Ek beveel dit baie sterk aan. Boonop kan jy sover gaan om ‘n spesifieke entiteit (berg, plant, voël, ens.) ‘aan te neem’ en sodoende eienaarskap te neem om inligting oor die entiteit by te werk, redigeer, ens. Baie oulik!
Soos laas genoem, het Taxon ‘n nuus-voer van al die nuutste artikels. Ek probeer op die oomblik feedforall.com se rss2html. En aangesien ons steeds nuuskierig bly oor wat die nuutste oor die Acacia-Senegalia sage is, gebruik ek dit om die nuutste Taxon-artikels hieronder te vertoon.
Opdatering 11 Maart 2006: hierdie het my webwerf gebreek, moes dit uithaal! ***
Opdatering: Ek het toe ‘n e-pos vir Eugene Moll gestuur om ook beswaar te maak. Het jy al? Stuur na: info@botanicalsociety.org.za.
Powered by WordPress | Aeros Theme | TheBuckmaker.com