Dec
11
2005

Bloumoederkappie is “na de maal”…!

Bloumoederkappie, Blue Disa, Disa graminifolia

Bloumoederkappie, Blue Disa, Disa graminifolia
Nademaalsnek, Tsitsikama, Desember 1997
Alle Kopiereg Voorbehou 2005.

Terwyl ek deur die massas foto’s in ons kas werk, kom ek af op hierdie foto van ‘n orgideë wat ek afgeneem het op die Tsitsikama staproete. Een van die vele voordele van die veldblom fotograaf is dat mens op daardie uitdagende stukkies soos Nademaalsnek (op dag 4) dit so nou en dan ‘n bietjie rustiger kan neem…! Dis juis tydens so ‘n foto (en rus) sessie wat ek en Wilna hierdie pragtige Bloumoederkappie, Blue Disa, Disa graminifolia raakgeloop het. En raai, toe ek vandag my orgideë boek nadersleep (Orchids of Southern Africa. Linder, H.P. and Kurzweil, H. A.A. Balkema. Rotterdam, 1999), tref dit my: dit is dieselfde orgideë as wat op die boek se voorblad pryk! Volgens die outeurs was dit vir lank onbekend hoe die plant bestuif word, totdat daar uiteindelik in die vroeë 1990s bevind is dat houtkapperbye (sien ook Kaapstad museum en VeldFocus item) baie kort besoeke aan die blomme aflê; hulle neem verkeerdelik aan dat die helder blou blomme ryk is aan nektar.


Written by Pieter in: fotografie, in die veld, leesstof, vakansie |

No Comments »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URL


Leave a Reply

Powered by WordPress | Aeros Theme | TheBuckmaker.com