Nov
13
2005

Calpurnia sericea…en flickr




Calpurnia sericea

Originally uploaded by inheems
Alle Kopiereg Voorbehou 2005.

Ons speel lekker ;-) Dis nou ek en my vrou, Wilna. Soos sy so pas sê: die tegnologie is wonderlik. Sy was nie bewus dat mens dit kan doen wat ek nou doen nie. Hierdie foto van Calpurnia sericea in ons tuin (gekoop by Random Harvest kwekery), het ek opgelaai in flickr (dankie aan Wilna dat sy my hiervan vertel het!), vandaar het ek hierdie uitbundig inheems Wordpress web blog geregistreer, en nou skryf ek hierdie item nie in Wordpress nie, maar direk uit flickr om dit dan direk te pos in die Wordpress web blog! Dis nou om die foto hier te kry. Die ander opsie wat ons gebruik is om met ‘n ‘plug-in’ (Afrikaans…) ons foto’s in flickr hier in te trek. Probleme? Ja, om direk uit flickr te pos, beteken mens kan nie kategorieë kies nie.

Terug by die Calpurnia (Berggeelkeur, Mountain Calpurnia, SA boom nommer 219.4), ek is nogal verbaas dat hierdie plant die koue winters by ons in Vanderbijlpark so goed oorleef het (al is dit effens beskut), en dit voel regtig of dit amper die hele tyd blom! Ons ander Calpurnia (Calpurnia aurea, Geelkeur, Common Calpurnia, SA boom nommer 219), sukkel elke jaar maar bietjie met die ryp …

Written by Pieter in: kwekerye inheems, ou tuin, tegnologie |

6 Comments »

  • Pieter en Santjie says:

    Wat ‘n verfrissende, inspirerende webblad. Ons het jare in die bosveld, Nylstroom, Modimolle gewoon. Ons het in 1983 ‘n erf gekoop waarop ons toe gebou het. Daar was 17 verskillende inheemse bome en struike op die 1530m2 stukkie grond. Ons het gepoog om net inheems te plant maar het geval voor die versoeking van die Luiperd boom (het gerasionaliseer, dis inheems in Afrika) Ons het nou pas getrek na Bloemfontein en hier is die enigste inheemse bome ‘n Den en Peperboom (ha-ha). Ons sit met ons hande in ons hare en wonder wat sal hier groei.

  • Pieter says:

    Hallo Pieter, bly om te ontmoet! Ons was eers in Vanderbijlpark, wat ook redelik koud was! Ons het nogal baie plante verloor in die proses om uit te vind wat werk! Ek was egter nogal baie beindruk met die Seepblinkblaar (Noltea africana) - groei baie vinnig - die Olienhout (Olea europaea africana), die Blinkblaar (Rhamnus prinioides) en die Deurmekaarbos (Ehretia rigida).

    Blykbaar is die Kruisbessie (Grewia occidentalis) ook een van die mees ryp-geharde inheemse plante op die mark.

    Ander plante wat redelik goed gedoen het maar bietjie makliker rypskade opgetel het sover ek kan onthou was die Notsung (Halleria lucida), die Kerriebos (Hypericum revolutum), Treursalie (Buddleja auriculata), Droog-my-keel (Scutia myrtina), Heuningklokkiesbos (Freylinia lanceolata), en die Kei-appel (Dovyalis caffra).

    Die Kei-appel en die Kerriebos (asook die ander hierbo genoem) is egter nogal redelik gehard en met goeie versorgig mag dit dalk baie rypbestand wees - mens sal maar moet toets!

    Ander plante wat ook redelik gevaar het maar waaroor ek nie baie duidelikheid het nie, is die Lemoentjiedoring (Cassinopsis illicifolia), Witolien (Buddleja saliga), Kreukelboom (Brachylanea dicolor discolor).

    Die Vaderlandswilg spesies werk ook baie goed omdat hulle bladwisselend is (Combretum erythrophyllum of C. kraussii).

    Ek sal nog bietjie rondloer in die boomboek, en kyk of ek ‘n lys van plante natuurlik aan die omgewing erens kan opspoor! Ek ken nie regtig kwekerye in die omgewing nie, maar sal probeer uitvind. ‘n Goeie opsie mag dalk wees om kwekerye in die Drakensberg of Natal omgewing te besoek wat hoë-ligging tipe plante aanhou wat koue en sneeu kan verduur.

    Dalk is daar iemand wat ook gedagtes hier rondom het?

  • Carel Botma says:

    Wat die Bloemfonteinse winters betref, kan julle gerus ook die volgende bome oorweeg: Rhus chiridensis, Kiggelaria africana, Pittosporum viridiflorum en Heteropyxis natalensis probeer. Met die wrede winter wat ons hier in Gauteng gehad het, het genoemde bome wat onbeskud by my gestaan het, niks oorgekom nie. Net die P viridiflorum het effens geskroei, maar het intussen herstel en groei baie op die oomblik vinnig. Let wel hierdie bome was maar ‘n jaar geplant en het nog nie ‘n gevestigde wortelstelsel gehad nie.

    Ander bome waaraan julle ook oorweging kan gee is Apodytes dimidiata, Rapanea melanophloeos, Vepris lanceolata en Virgilia oroboides. Afgesien van die feit dat hierdie ook jong bome is (sommige geplant net voor die laaste winter) is van hulle neffens ‘n dam geplant waar dit straf geryp het. Dan het ek ook gesien dat Ppdpcarpus henkelii baie goed in Bloemfontein doen.

    Ek hoop dat hierdie bietjie inligting julle sal help!

    Groete,
    Carel Botma
    Roodepoort.

  • Pieter says:

    Carel, baie dankie vir jou byvoegings! Ek dink ek moet ernstig oorweeg om ‘n Virgilia erens in my tuin neer te sit! Dis darem maar ‘n uitsonderlike mooi boom!

    Net ‘n opmerking oor Virgilia vir Bloemfontein. Volgens die bronne op http://www.plantzafrica.com/planttuv/virgilia.htmis Virgilias sensitief vir ryp, veral as hulle jonk is. Volgens die web blad: “Mature trees may withstand short periods of frost, but not prolonged exposure to freezing temperatures”.

    Dalk is Bloemfontein dalk effens te koud oor die lanf termyn? Maar dis dalk ook die moeite werd om te probeer! Miskien is daar iemand wat dit reg gekry het om die suksesvol in daardie (of soortgelyke omgewing) te groei?

    My Heteropyxis natalensis in Vanderbijlpark het so ietwat swaar gekry met die lang winters, maar dit het darem altyd weer uitgeloop na die winter.

  • Malan le Roux says:

    5 Januarie 2008

    Baie dankie vir al die inligting. Graag wil ek weet wat lys is van inheemse bome wat nie meer geplant mag word nie.

    Baie dankie

  • Petro van der Merwe says:

    Baie dankie! Dits interessant. Ons soek ‘n struik/boom om langs die heining in ons sekuriteitskompleks te plant. Jou foto wys pragtige geel blomme, maar ons soek sy dorings! Gee asseblief raad. Nogmaals dankie. Petro

RSS feed for comments on this post. TrackBack URL


Leave a Reply

Powered by WordPress | Aeros Theme | TheBuckmaker.com