op ons boekrak (nuwe boeke) …
Na die vakansie het ons ‘n paar boeke bygekry (2de handse boekstalletjie by Uvongo vlooimark) - items 22, 23 en 24 op hierdie lys. Wat my opgeval het, was dat daar al vir ten minste 50 jaar literatuur bestaan oor inheemse plante vir die tuin in Suid-Afrika (bv. South African Flowers for Gardens, deur Sima Eliovson)! Die gebruik van TV, internet en die tydskrifbedryf het sekerlik ‘n rol gespeel om dit die afgelope jare in ‘n meer kommersieel lewensvatbare bedryf te ontwikkel.
Hier is dus die huidige boeke oor inheemse plante op ons boekrak: http://www.uitbundiginheems.co.za/?page_id=125
No Comments »
RSS feed for comments on this post. TrackBack URL