Inheemse struike en klein bome (en 'n lelie) vir die kleiner tuin (koue area) - somer reŽnval, vrugte vir voŽls [X = Ja]

Ons tuin: Vanderbijlpark

Gewone Naam Wetenskaplike naam Hoogte* m Rypbestand*
 
Gemiddeld* Rypbestand In Ons
Tuin
Opmerking
Kei-appel Dovyalis caffra 4x3 X  

X

By ons oorleef dit die ryp baie goed (immergroen)
Maar het nog nie geblom na 'n paar jaar nie
Groot vrugte (as dit eendag sou dra)
Eetbaar, maak lekker jellie of konfyt**
Jong plant sensitief vir ryp**
Benodig blykbaar mannetjie en wyfie, as ek reg onthou?
Skuurpapierbos Ehretia obtusifolia       X Verloor blare in winter, maar dra baie goed, gehard
Moontlik minder gehard as E. rigida,
maar vir my 'n mooier plant en meer netjies
Deurmekaarbos Ehretia rigida 4x4 X   X Verloor blare in winter, groei verder baie goed
Wyd verspreid in oostelike deel van land, bykans hele Vrystaat**
Vrugte is eetbaar**
Blinkblaar Rhamnus prinioides 4x4 X   X Groei goed, blom en dra baie goed (klein vruggies)
Immergroen en gehard
Fynblaarrooihout Ochna serrulata 2,5x2,5   X X Groei stadig, maar blom en dra baie goed
In beskermde semi-skadu posisie in ons tuin
Grootnoemnoem Carissa macrocarpa 3x2 X   X Soms effens geaffekteer deur swaar ryp, redelik gehard
Blom reeds vir 2 jaar, maar nog geen vrugte nie
Vrugte is groot en eetbaar** 
Bietou Chrysanthemoides monilifera 2x2,5 X   X Soms effens geaffekteer deur swaar ryp, redelik gehard
Blom goed
Vrugte eetbaar** (maar kyk ek dit dalk net mis?!)
Notsung Halleria lucida 4x2   X X In 'n beskutte hoek van ons tuin
Soms effens geaffekteer deur swaar ryp, redelik gehard
Blomme is ook ryk aan nektar
Kruisbessie Grewia occidentalis 5x3 X   X Verloor blare in winter, groei verder baie goed
Gehard, blom redelik, klein vrugte
Swartbas Diospyros whyteana 5x3   X X Sukkel nou al 'n paar jaar, het 'n paar keer probeer
Het 2005 se ryp oorleef maar tog seer gekry
Het moontlik aparte plante nodig vir bestuiwing?
Immergroen
Boslelie Clivia miniata 0,75x0,75 X   X Groei goed
Septeeboom Cordia caffra 6x4   X   Het hierdie een probeer, maar het doodgeryp
Witpeer Apodytes dimidiata 4x3   X   Kon nie hierdie struik aan die lewe hou nie,
dalk te min water en te veel koue (een van ons groot teleurstellings)...
Lemoentjiedoring Cassinopsis illicifolia 4x4 X     Wou net nie groei nie, nog 'n groot teleurstelling,
dalk ook te min water en te swak grond
Boskanferfoelie Halleria elliptica 2,5x2,5 X     By ons was die plant dalk te klein vir die swaar ryp,
groter plant behoort beter te vaar
  Rhus spp. Wissel X     'n Hele klompie van die kleiner Rhus spesies is rypbestand, en hulle dra gewoonlik baie goed (R. crenata 3x2, R. dentata 5x4, R. pyrioides 5x4, R. undulata 5x4)
Het moontlik aparte plante nodig?
Transvaalbloubos Diospyros lycioides 5x4 X     Het moontlik aparte plante nodig vir bestuiwing?
Bladwisselend
Fluweelrosyntjie Grewia flava 2,5x2,5 X      
Wildemispel Vangueria infausta 5x3 X     Volgens Palgrave se verspreidingkaart kan dit moontlik nog goed aard op die hoŽveld, dalk die moeite werd om te probeer

Verwysings:
* Lok voŽls na jou tuin in Suider-Afrika. Trendler, R. en Hes, L. Eerste uitgawe. Struik. Kaapstad, 1994.
** Keith Coates Palgrave: Trees of Southern Africa. Palgrave, M.C. Third edition. Struik. Cape Town, 2002.